Danksy die rock-inspirasie deur Guns N’ Roses en Led Zeppelin, ’n bestuurspan van vyfster-gehalte en hope talent, het die 20-jarige sensasie Iga Swiatek reeds haar hande op ’n Grand Slam-titel gekry en vele kenners voorspel sy kan vanjaar die Wimbledonse toernooi wen.
Dis nie bloot omdat sy as junior die Wimbledon-titel ingeoes het nie. Die sportsielkundige Darria Abramovicz wat saam met Swiatek reis, het baie met haar welslae te maak.