Die vermiste tennisspeler Peng Shuai is tuis en sal “binnekort” weer in die openbaar verskyn, sê Hu Xijin, redakteur van die Chinese staatsbeheerde koerant Global Times.
Peng, ’n voormalige wêreldnommereen in die dubbelspel, is nog nie weer in die openbaar gesien sedert sy Zhang Gaoli, ’n voormalige adjunkpremier van China, op sosiale media van seksuele aanranding beskuldig het nie.
Nie Zhang of die Chinese regering het al kommentaar op dié bewerings gelewer nie. Gesprekke oor dié onderwerp is op China se internet geblok, wat aan ernstige sensuur onderworpe is.