Die tennisheld Chris Evert, wenner van 18 Grand Slam-enkelspeltitels, het haar sesde en laaste chemoterapiesessie ondergaan vir gr. 1-kanker van die eierstokke.
Die Amerikaner, op haar dag die voorste vrouespeler ter wêreld, het die goeie nuus Maandagaand (Suid-Afrikaanse tyd) gedeel.
Evert (67) het Januarie bekend gemaak dat kanker by haar gediagnoseer is.