Vanjaar se Wimbledonse tennistoernooi sal ’n “vertoontoernooi” wees.
Die ATP en WTA-reekse het Vrydag albei besluit dat spelers nié ranglyspunte sal verdien in dié grasbaan-Slam, wat volgende maand begin nie.
Die verreikende besluit volg op die All England Club se vroeëre besluit om spelers van Rusland en Belarus te verbied om aan Wimbledon deel te neem weens hul oorlog in Oekraïne.