Ierland se afrigter, Joe Schmidt, het bevestiging van Wêreldrugby gekry dat drie strafskoppe wat teen hulle in die wedstryd teen Japan toegeken is, verkeerde beslissings deur die Australiese skeidsregter Angus Gardner en sy wedstrydbeamptes was.
Japan het die Iere geskok deur die wedstryd Sondag in Sjizoeoka met 19-12 te wen.
“Ons is vier keer vir onkantspel gestraf, en ons het nou terugvoering ontvang dat drie daarvan verkeerde beslissings was,” sê Schmidt volgens irishtimes.com.