Brasilië is die tweede span wat die uitklopronde van 16 spanne gehaal het toe hy Switserland Maandagaand met ’n doel laat in hul Groep G-wedstryd in die Wêreldbeker-toernooi in Doha, Katar, geklop het.
Brasilië kon soos in sy eerste Wêreldbeker-wedstryd verlede Donderdag in Lasail weer nie ’n doel in die eerste helfte aanteken nie.
Trouens, dit het die Selecao, soos die vyfmalige kampioen bekend staan, 83 minute geneem om die paviljoene te laat samba.