Nederland en Ecuador het Vrydagaand in een van die beste wedstryde in vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi in Groep A met 1-1 gelykop gespeel.
Die rustydtelling in dié wedstryd was 1-0 in die guns van Nederland, wat Senegal Maandag in sy eerste wedstryd met 2-0 geklop het.
Die Nederlanders, wat nog nooit die Wêreldbeker kon wen nie, was in die eerste helfte die beste span op die veld. In die tweede helfte was Ecuador, wat Katar in die openingswedstryd met 2-0 geklop het, die span wat die beste spel opgelewer het.