Die man in die kantoortjie by die hek van die Chesterville-begraafplaas buite Durban skud sy kop, en sê: “I can’t let you gothere.”
Ek probeer verduidelik: “I just want to pay my respects to Nat Nakasa, Sir. I’m not here to make trouble.”
Nat Nakasa wat in 1965 in New York dood en begrawe is en wie se oorskot sewe jaar gelede na Suid-Afrika gebring en hier herbegrawe is – hier in Chesterville waar hy grootgeword het. Nathaniel Ndazana Nakasa.