Al hoe meer studies wys op die ‘kognitiewe vingerafdruk’ wat Covid-19 kan laat. Willemien Brümmer het die nadraai van die virus op bejaardes ondersoek.
Die afgelope week is daar gejubel dat die laaste Covid-19-regulasies opgehef is asof die pandemie ’n nagmerrie gebêre in die verskiet is.
Maar vir iemand soos Gerard Scholtz, digter, skrywer en TV-vervaardiger, sal die twee weke toe hy in die hospitaal was met Covid-19 – en “aarde, nag en tyd gewankel het” – soos ’n ewigdurende babelaas bly.