Julie is Bewusmakingsmaand vir Verweesde Ouers. Maar jy sou dit nie eintlik weet nie, want niemand praat daaroor nie, skryf Lizette Rabe.
Wanneer jy lid van die eksklusiefste klub ter wêreld is – een waaraan niemand eens wil dink nie; die werklikheid is net te pynlik – besef jy ook presies hoe hard daardie dawerende stilte rondom jou is.
Daar is nie eens ’n woord wat ons wat ’n kind verloor het, beskryf nie. Nie soos ’n weduwee, of ’n wewenaar, of ’n weeskind, of ’n halwe weeskind, wanneer jy jou ma of pa verloor het nie.