Die inwoners van ’n vuil, vervalle Carnarvon kla oor agteruitgang, maar die stadsraad van Kareeberg steur hom oënskynlik min daaraan, berig Jan-Jan Joubert.
Die eerste sin van Leo Tolstoi se meesterwerk Anna Karenina lees: “Alle gelukkige gesinne is dieselfde, maar elke ongelukkige gesin is op sy eie manier ongelukkig.”
Miskien kan ’n mens dieselfde sê oor munisipaliteite – alle funksionele munisipaliteite is grootliks dieselfde, maar elke wanfunksionele munisipaliteit is op sy eie manier wanfunksioneel.