Kan dit wees dat die huidige tydsgewrig se grootste geskenk die besef is dat ons deur ’n gedeelde eensaamheid aan mekaar gebind word? vra Johannes de Villiers.
Dit haal selde die koerantopskrifte – en selfs minder rondom Valentynsdag – maar eensaamheid is een van die wêreld se grootste gesondheidsrisiko’s.
In ’n onlangse boek, Together: The Healing Power of Human Connection in a Sometimes Lonely World, skryf Vivek Murthy, voormalige geneesheer-generaal van die VSA, dat eensaamheid (en die gepaardgaande sielkundige aftakeling) meer mense doodmaak wat ons dink.