Die invloed van die pandemie op ’n skoolstelsel wat reeds in die waakeenheid was voor Covid-19, gaan nog vir jare gevoel word. Die matriekuitslae was eintlik soos versiersuiker op ’n vrot appel, het kenners aan Willemien Brümmer gesê.
“Die onreg van ons tyd.”
Dit is hoe kenners die lang skadu wat die pandemie oor skoolkinders werp beskryf – dié groep wat die minste geraadpleeg is oor besluite en regulasies deur magshebbers en die meeste daaronder gely het.