Die duur les wat ons uit Covid-19 geleer het, is dat uitbrekings met die potensiaal om weer die wêreld in skaakmat te hê vanuit die staanspoor geëlimineer moet word. Michael Baker en ander skryf hier hoe die wêreld op toekomstige pandemies moet reageer.
Verbeel jou dis 2030. Dokters by ’n streekhospitaal in Land X merk daar is ’n toenemende aantal pasiënte met ’n ernstige respiratoriese siekte. Blitsvinnige volgordebepaling van die hele genoom toon die sondaar is ’n nuwe koronavirus.
’n Epidemiologiese ondersoek onthul die virus is hoogs aansteeklik en die meeste aanvanklike gevalle moet gehospitaliseer word.