Ons sien wêreldwyd die opkoms van populistiese leiers wat ’n outoritêre aanslag het. Is demokrasie se dae getel? En wat hou hierdie tendens vir Suid-Afrika in? Murray La Vita doen verslag.
Dít is van die vraagstukke wat Maandag in Stellenbosch in die eerste gesprek van Netwerk24 se gespreksreeks op die Toyota US Woordfees bespreek is.
Prof. Christi van der Westhuizen, gespreksleier en mede-professor in die sentrum vir die bevordering van nierassigheid en demokrasie aan die Nelson Mandela-Universiteit, het aangedui hoe wydverspreid populisme oor die wêreld heen is.