Dit is asof mense met aangebore siektes, veral sekere cholesterolsiektes, in Suid-Afrika verwaarloos word, sê prof. David Marais aan Murray La Vita.
“Ons mediese skole sukkel om spesiale kundigheid te bied – nie net vir cholesterol nie, vir ander aangebore siektes ook,” sê emeritus professor David Marais (68).
Ons sit in sy kantoor in een van die geboue van die Universiteit Kaapstad se mediese fakulteit in Kaapstad. Hy is verbonde aan die afdeling chemiese patologie.