Daar is interessante ooreenkomste – en verskille – tussen twee staatsmanne wat ’n beduidende rol in die 20ste eeu gespeel het: presidente Michail Gorbatsjof van die Sowjetunie en FW de Klerk van Suid-Afrika. Gorbatsjof is pas oorlede en De Klerk het in November verlede jaar gesterf. Leopold Scholtz kyk na hul invloed, hul ooreenkomste en verskille.
As ’n mens aan die einde van die Koue Oorlog, die uiteenval van die Sowjetunie en die einde van die kommunisme dink, kom die naam Michail Gorbatsjof outomaties by jou op. Hy het immers die proses aan die gang gesit, al was dit nie eksplisiet sy doel nie.
Terselfdertyd: As ’n mens aan die einde van apartheid en die bewindsoorname van die ANC/SAKP dink, kom die naam FW de Klerk by jou op. Ook hý het dié proses aan die gang gesit, al was die resultaat nie heeltemal wat hy in gedagte gehad het nie.