Drie mense het meer as enigiemand anders gedoen om Stellenbosch te verengels, skryf Jacko Maree.
In my oë is daar drie mense wat afsonderlik en gesamentlik meer skade aan Afrikaans in hierdie land gedoen het as wat lord Alfred Milner en al die jingo’s, joiners, uitverkopers, en vyande van Afrikaans ooit kon regkry.
Hoe kan dit gebeur dat net drie volwasse gegradueerde Afrikaanse wit mans ’n hele Afrikaanse universiteit met infrastruktuur van R5,3 miljard vir niks en geen geldige rede verkwansel en tot Stellenbosch University verdoop?