’n Nuwe internasionale militêre ooreenkoms tussen Amerika, Brittanje en Australië is pas gesluit met die doel om China aan bande te lê. Leopold Scholtz analiseer die ontwikkeling wat die spanning in Oos-Asië aansienlik kan aanwakker.
In die dekades ná die Tweede Wêreldoorlog is die internasionale politiek oorheers deur die Koue Oorlog, die wedywer tussen die Sowjetunie en sy bondgenote agter die Ystergordyn enersyds, en Amerika en sy Navo-bondgenote in Wes-Europa andersyds. Die maritieme aspekte van die potensiële konflik was die brug oor die Atlantiese Oseaan.
Intussen het die saak dramaties verander. Die Sowjetunie het in 1991 in 15 state uiteengeval, en die Koue Oorlog het daarmee tot die verlede behoort.