Chinese het in Januarie vanjaar ná die beëindiging van streng inperkingsmaatreëls na Macau gestroom vir ontspanning. Gustav Hendrich skryf oor die geskiedenis van dié dobbelparadys.
Aan die Chinese kus is daar ’n stad wat nie net vir sy glinsterende ligte bekend is nie, maar oor die eeue heen ’n trekpleister vir dobbelaars geword het. Plaaslike inwoners sowel as reisigers wat vandag steeds van heinde en verre die hawestad van Macau aandoen, word deur dié dobbel-lushof betower.
Die Britse skrywer Colin Simpson het jare gelede na ’n besoek aan die stad vertel hoewel daar ’n sterk Katolieke invloed is en Macau ook die “Godin van die seevaarders” heet, dit in die Weste ook voorgehou word as “die goddeloosste plek in die wêreld”.