Onlangs het Die Burger feitlik ’n hele bladsy met groot opskrifte en groot foto’s afgestaan aan ’n klompie paneellede wat blykbaar akademies besin oor waar verskeie variëteite van Afrikaans “inpas”.
By die lees van die berig kry ’n mens egter onwillekeurig die indruk dat die paneellede baie hard probeer om onder die dekmantel van akademiese diskoers tog net asseblief as polities korrek beskou te word.
Maar wat bereik mense soos die paneellede nou eintlik deur Standaardafrikaans kort-kort te beskimp as iets wat die kat ingedra het?