Amerika het net meer as 20, Duitsland en Japan elk 17, Ghana hoogstens 19 en België het al gewys nul kan ook werk. Hoeveel kabinetslede het Suid-Afrika nodig? Erika de Beer berig.
’n Toespraak wat hy begin het deur (weer) oor die verkleining van die kabinet te praat, het pres. Cyril Ramaphosa afgesluit met twee ekstra ministers.
Daar is ook ses meer adjunkministers as in 2019, laas toe hy onderneem het om die snoeiskêr in te lê.