In ’n wêreld waarin samesweringsteorieë oor Covid-19 hoogty vier, moet medici versigtig wees met uitlatings daaroor, skryf dr. Malcolm de Roubaix.
Die aarde is plat. Jy kan mos sien dit is. En, soos die maan, draai die son en die uitspansel om die aarde. Of gaan elke aand dood om met dagbreek wedergebore te word. Of is plat skywe met bepaalde dimensies. Die Noordpool is in die middel van ’n plat skyf en Antarktika is ’n ysmuur om te keer dat ’n mens afval.
Afval? Waarheen? Bes moontlik ’n onderlaag van rots.