Kan die G7-lande op vandeesweek se beraad gesamentlik hul spiere bult wat kan help om die wêreld se probleme op te los of is daar steeds te veel interne verdeeldheid? vra Natasha Lindstaedt.
Die G7-beraad in Cornwall in Engeland waarvoor Brittanje vandeesweek gasheer speel, is die eerste ontmoeting op regeringsvlak tussen die wêreld se sewe rykste demokrasieë sedert die dae vóór die Covid-19-pandemie.
Brittanje, wat vir die sewende keer die gasheer is, is danksy sy suksesvolle inentingsveldtog in ’n effens sterker posisie as in 2019.