Die inentingsdebat word by die dag heftiger in Suid-Afrika. Gaan ons ’n punt bereik waar mense verplig word om teen Covid-19 ingeënt te word? vra Malcolm de Roubaix.
Die Suid-Afrikaanse Grondwet word allerweë as ’n model-grondwet beskou.
Ironies genoeg waarborg dit nie eerbare politici, goeie regering, ideale sorg vir kwesbare gemeenskappe of ’n goeie samelewing nie. Dog, stel jou voor: Sonder hierdie Grondwet sou wanbestuur, korrupsie en selfverryking vandag se gebeure na ’n Sondagskool-piekniek laat lyk. Soos my ou vriend Willie in 1992 gesê het: Moenie dink dit kan nie erger nie.