Die verskil tussen ’n politieke party en ’n regering is belangrik.
’n Regering bestaan uit verskillende strukture, soos die wetgewende gesag, die uitvoerende gesag en die regsprekende gesag. Die skeiding van magte tussen hierdie funksies verseker dat ’n demokrasie funksioneer.
Politieke partye vorm die wetgewende en uitvoerende gesag. In Suid-Afrika neem politieke partye aan verkiesings deel en verkry só sitting nasionaal in die parlement, provinsiaal in wetgewers en plaaslik in stadsrade.