Twee nuwe boeke wat wit wees wêreldwyd en hier in Suid-Afrika bekyk, vind enersyds dat idees van wit opperheerskappy nuwe momentum kry, maar toon terselfdertyd dat wit Suid-Afrikaners nie na apartheid wil terugkeer nie. Murray La Vita doen verslag.
“Jy word nie wit of swart gebore nie, jy word wit of swart gemaak.”
So het prof. Christi van der Westhuizen Dinsdag op Stellenbosch in die tweede gesprek van Netwerk24 se gespreksreeks op die Toyota US Woordfees gesê.