Hierdie plakkaat teen ’n muur in Kennewick, Washington, wys ’n sterk vrou wat mense aanmoedig om hulle te laat inent teen Covid-19, baie soos die plakkate van Rosie the Riveter tydens die Tweede Wêreldoorlog. Al hoe meer groot geeste in die wetenskap, soos dr. Anthony Fauci, mediese hoofraadgewer vir pres. Joe Biden van Amerika, wonder of 2022 die jaar sal wees waarin Covid-19 endemies word en of die Omikron-variant hierdie proses sal versnel. Foto: Getty Images
Was Omikron ’n boodskapper van hoop wat die endemiese fase van Covid-19 ingelui het of kan die virus ons weer in skaakmat hê? Willemien Brümmer het met drie kenners gepraat wat gesê het dis tyd om riglyne aan te pas by ’n post-pandemiese wêreld.
Dit voel soos ’n onbereikbare fantasie: ’n Wêreld waar Covid-19 byna soos griep is en die mensdom nie ’n kollektiewe angsaanval kry elke keer wanneer die grafieke begin klim nie.
’n Suid-Afrika waar kinders elke dag kan skool toe gaan en Covid-19 nie die gogga-maak-vir-baba-bang is wat elke debat oorheers nie. Maar is dit ’n koorsdroom of sal ons spoedig dalk tóg kan begin terugkeer na aspekte van die lewe van weleer?
Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Ontsluit só ’n wêreld vol inligting – van nuus, sake, sport en raad tot resepte, reis en meer. Geskep en verpak deur Netwerk24, Rapport, Huisgenoot, Sarie, Weg! en Tuis.