It’s the economy, stupid. Dié woorde van oudpres. Bill Clinton om te verduidelik wat in ’n Amerikaanse verkiesing tel, geld seker steeds.
Maar vanjaar is daar veel meer op die spel as die Amerikaners se beursies. Die kloof tussen die twee Amerikas – die hoofstroom-groep, wat pres. Joe Biden en oudpres. Barack Obama verteenwoordig, en die wêreld van oudpres. Donald Trump en sy Make America Great Again-beweging (Maga) aan die regterkant – is groter as ooit.
Charles Smith kyk na wat Dinsdag in die middeltermynverkiesing in Amerika op die spel is.