Het die skandaal oor die wyse waarop oudpres. Donald Trump hoogs geheime dokumente uit sy tyd as president gehanteer het, hom in die pekel laat beland? En indien wel, hoe diep? Leopold Scholtz soek na antwoorde op vrae wat Amerika nogal behoorlik kan ruk.
Kom ons begin by die blote feite. Toe oudpres. Donald Trump die Withuis op 20 Januarie 2020 – die dag dat sy opvolger, Joe Biden, beëdig is – verlaat, het ooggetuies gesien hoe sy mense verskeie dosyne bokse, propvol dokumente, wegdra.
Watse dokumente was dit? En was Trump daarop geregtig om dit te verwyder?