Die onderwysdepartement se rotasiestelsel in skole maak geen sin nie, sê dr. Nicholas Crisp, adjunkdirekteur-generaal van gesondheid.
Wat sê die nasionale gesondheidsdepartement, hoekom word die ramptoestand nie opgehef nie?
Die ramptoestand maak vinnige optrede deur staatsdepartemente moontlik sodat jy nie veranderings aan regulasies vir dae, weke en maande vooruit in die Staatskoerant hoef te plaas nie. Besluite hoef nie eers deur die parlement goedgekeur te word nie.