Teen alle verwagtinge in gaan dit nie goed met die Russiese oorlogspoging in Oekraïne nie. Nou het ’n Russiese soldaat onthul hoe planloos dit op voetsoolvlak met sy land se operasies in Oekraïne gaan, berig Leopold Scholtz.
Donderdag sal dit presies ses maande wees sedert die Russiese weermag sy buurstaat, Oekraïne, sonder waarskuwing binnegeval het.
Pres. Wladimir Poetin van Rusland se stellige verwagting dat Oekraïne ’n maklike prooi sou wees, is nie bewaarheid nie. Inteendeel, die Oekraïners se verbete terugvegpoging het die wêreld verbaas.