Hoewel die ANC op ’n afwaartse trajek is en nie hernu kan word nie, gaan die party nie binnekort in duie stort nie, meen kenners. Murray La Vita doen verslag.
“Baie mense in die middelklas is desperáát dat die ANC moet val. Dis asof ons net daai sinnetjie wil sê: ‘Ja! Ons was reg! Hulle kan nie regeer nie; dít is maar hoe die geskiedenis verloop.’ ”
So het dr. Oscar van Heerden, spesialis op die gebied van internasionale betrekkinge en ’n kenner van interne ANC-politiek, Woensdag in Stellenbosch gesê. Hy was een van die deelnemers aan die derde gesprek in Netwerk24 se gespreksreeks op die Toyota US Woordfees.