Artikels 5 en 6 van die Wysigingswetsontwerp oor Basiese Onderwyswette is sedert die begin van ons demokrasie die sterkste en bitterste aanval op Afrikaanse onderwys, skryf Theuns Eloff.
Pres. Cyril Ramaphosa se onlangse staatsrede het oor die algemeen positiewe kommentaar ontlok. Veral vir sy klem op die noodsaaklike rol van die privaat sektor in die skep van volhoubare werk, asook die gedagte dat dit nou tyd is vir ’n nuwe sosiale ooreenkoms (kontrak) om Suid-Afrika vorentoe te vat.
Die meerderheid Afrikaanse kommentators was positief daaroor.