As die nasionale vervolgingsgesag (NVG) nie binnekort staatskapers suksesvol begin vervolg nie, sal demokrasie die groot verloorder wees, skryf Pieter Labuschagne.
Die skynbare onvermoë van die NVG om staatskapers suksesvol te vervolg, laat die waarskuwingsligte al ’n geruime tyd flikker.
Die ontydige bedanking van adv. Hermione Cronje, hoof van die NVG se ondersoekdirektoraat (OD), twee jaar voordat haar kontrak verstryk, kon nie op ’n slegter tyd gekom het nie.