Die kans dat die Russiese inval in Oekraïne tot die gebruik van kernwapens sal lei, is skraal, maar so iets kan dalk onbedoeld gebeur, skryf Tanya Ogilvie-White.
Pres. Wladimir Poetin van Rusland het sy ministers van verdediging en hoof van die weermag opdrag gegee om op hoë gereedheidsgrondslag te wees om kernwapens af te weer. Dit kan moontlik beteken dat taktiese kernmagte gereed gekry word.
Dit kan uiteraard net bangmaakpraatjies wees, maar Poetin het al verskeie kere gewys dat hy ’n onverskillige gebrek aan respek het vir menselewens en die planeet en dat hy bereid is om uiterste risiko’s te neem om sy strategiese doelwitte te verwesentlik.