Die Kremlin het die afgelope twee dekades geleer hoe om sy militêre operasies voor te stel en om sy militêre toerusting te moderniseer. Dit is jammer die Weste het nie ook uit vorige konflikte geleer nie, skryf Tracey German.
Rusland se inval in Oekraïne toon ’n nuwe benadering van sy gewapende magte sowel as ’n onversetlike politieke houding. Dié land het duidelik die afgelope twee dekades lesse uit militêre operasies geleer en ook fyn dopgehou wat elders gebeur.
Die Kremlin het sedert 1991 ’n paar keer sy militêre mag aangewend om strategiese doelwitte te bereik sowel as om buitelandse beleid te beïnvloed. In dié proses was daar ’n aantal eerstes.