In dié uittreksel uit haar boek My African Conquest beskryf Julia Albu van die avonture wat sy beleef het toe sy op 80 van Kaapstad na Kaïro gereis het in haar 20 jaar oue motor Tracy.
’n Turkooiskleurige see en duik behoort hand aan hand te gaan . . . maar vir mý nooit weer nie, en beslis nooit weer saam met Giles [haar seun] nie.
Eers moes ons deur die vlakwater loop om by ’n dau [Arabiese boot] uit te kom. Wat ’n grap! Maar ek het nietemin daarin geslaag om myself oor die kant te hys en soos ’n vet rob tussen voete in plakkies te lande te kom.