’n “Warboel” en ’n “groot gemors”. Dít is hoe politieke kenners die stand van die opposisiepolitiek en koalisiepolitiek in die aanloop tot die nasionale verkiesing beskryf. Murray La Vita doen verslag.
Dis ’n groot gemors oral. Die Engelse woord “omnishambles” beskryf dit goed.
So meen Tim du Plessis, politieke rubriekskrywer en voormalige koerantredakteur en nuushoof van kykNET. Hy was gister een van die deelnemers aan die vyfde gesprek in Netwerk24 se gespreksreeks op die Toyota US-Woordfees en het gereageer op ’n vraag van Pieter du Toit, gespreksleier en assistentredakteur van News24, oor die stand van die opposisiepolitiek in Suid-Afrika.