Mens dink en praat die beste in jou moedertaal en dít moet ook die vertrekpunt in die land se howe wees, skryf Zakeera Dokrat en Russell H. Kaschula.
Die moord op die sokkerspeler Senzo Meyiwa in 2014 en die uitgerekte en omstrede polisieondersoek daarna waarby hoëprofielfigure in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf betrek is, is steeds groot nuus in Suid-Afrika.
Vyf mans staan tereg omdat hulle Bafana Bafana se kaptein en doelwagter na bewering vermoor het.