Die Regterlike Dienskommissie moet hervorm word omdat die huidige mengsel van politici en juriste hom verhoed om sy werk behoorlik te doen, het kenners aan Gert van der Westhuizen gesê ná ’n week van onderhoude met kandidate vir die pos van hoofregter.
Die Regterlike Dienskommissie (RDK) se ondervraging van veral twee van die vier kandidate vir die pos van hoofregter het die afgelope week nogal heelwat drama opgelewer.
Maar waarnemers was nie juis beïndruk met veral die manier waarop Julius Malema, leier van die EFF, en adv. Dali Mpofu SC vir die meeste van dié drama verantwoordelik was nie.