Die einde van die sosiologiese gevolge van die revolusie wat deur die geboorteperkingspil begin is, is steeds nie in sig nie, skryf Piet Muller.
Was die Pil, soos die geboortebeperkingspil algemeen genoem word, die mees ontwrigtende en terselfdertyd die mees kreatiewe tegnologiese ontwikkeling van die afgelope halfeeu?
Hierdie vraag het by my opgekom toe ek begin navorsing doen het oor nuwe vorms van die huwelik wat oral oor die wêreld heen besig is om beproef te word. Deur aan vroue beheer oor hul vrugbaarheid te gee het die Pil enorme onbedoelde gevolge gehad. Dit het die bykans 12 000 jaar van mansoorheersing en patriargaat vernietig, omdat vroue wat kan besluit wanneer hulle wil swanger raak nie meer van mans afhanklik hoef te wees nie.