Wanneer die Springbokke en Wallis vandag op ’n propvol Loftus Versfeld swaarde kruis, sal dit 1 050 dae wees sedert die Bokke laas in Suid-Afrika in ’n stadion vol toeskouers gespeel het.
Dis heel gepas dat dié toets op Loftus plaasvind. Die laaste keer toe Suid-Afrikaanse toeskouers die Bokke in lewende lywe op tuisbodem kon sien was ook hier.
Toe het hulle Argentinië op 17 Augustus 2019 in ’n opwarmingswedstryd voor die Wêreldbeker-toernooi in 2019 aangedurf en met 24-18 gewen.