Dit is van kardinale belang dat Suid-Afrika vinnig optree teen staatskapers. Penelope Andrews verduidelik waarom.
Suid-Afrikaners smag al sedert die laaste dae van apartheid in die 1990’s, en op verskeie ander deurslaggewende momente, na ’n mate van verantwoording vir die verwoesting van apartheid. Daar moes immers aan die einde van ’n bestel wat deur die Verenigde Nasies tot ’n misdaad teen die mensdom verklaar is, afrekening en verantwoording wees – veral vir die slagoffers.
Die eerste geleentheid vir verantwoording vir apartheidsmisdade het in demokratiese Suid-Afrika gekom met die uitreiking van die verslag van die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) in 1998 en 2003.