Verskeie lande het entstofmandate in werking gestel om mense te probeer dwing om hulle teen Covid-19 te laat inent, maar dit lyk nie asof dit juis doeltreffend is nie, skryf Thomas Klassen.
Moet jy entstofmandate in werking stel en daardeur die gevaar loop van verdere verdeling in die samelewing en betogings? Dít is een van die kwelvrae waarmee politici wêreldwyd deesdae gekonfronteer word.
Toe Covid-19 uitgebreek het, is die wortel voor burgers se neuse rondgeswaai dat die lewe weer na normaal sal terugkeer sodra die meeste van hulle ingeënt is.