Dit is vir hom duidelik dat Lindiwe Sisulu haarself ná 30 jaar nog nie bevry het nie omdat sy in haar ideologiese vooroordele vasgevang is, skryf Pieter Labuschagne.
Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, se aanhoudende kritiek op die Grondwet bly kommerwekkend.
Sy het weer onlangs geskryf dat die Grondwet “nie ’n heilige dokument is nie” en verander behoort te word om vinniger ekonomiese transformasie moontlik te maak.