Richard Meissner en Jeroen Warner kyk na die rol van water in die oorlog in Oekraïne.
In die rol van natuurlike hulpbronne in die aanloop na Rusland se inval in Oekraïne is sover uitsluitlik gefokus op olie en veral aardgas. Die Nordstrom 2- aardgas-pypleiding vanaf Rusland via die Oossee na Duitsland was voor die krisis al telkens op die agenda van diplomatieke gesprekke. Duitsland, die grootste verbruiker van Russiese aardgas, het kort voor die inval die sertifisering van die pypleiding opgeskort.
Die VSA en Oekraïne, asook ander state in Sentraal- en Oos-Europa, ondersteun nie die projek nie, aangesien vrese bestaan dat dit sal lei tot ’n toename in Rusland se invloed in Europa. Die sanksies wat die Weste in reaksie op die inval teen Rusland ingestel het, het deels ten doel om Rusland se oliebedryf te kniehalter.