’n Bemiddelingsproses kon Krieket Suid-Afrika van rooi gesigte gespaar het in die Graeme Smith- en Mark Boucher-debakel, skryf advokaat Alan Nelson.
Die uitkoms van Krieket SA (KSA) se poging om rassisme in die sport uit te roei deur middel van ’n proses vir sogenaamde maatskaplike geregtigheid en nasiebou (SJN) spreek vanself.
Dit was ’n volslae mislukking – eers toe KSA sy saak teen Graeme Smith verloor het, en later toe hy die een teen Mark Boucher moes terugtrek.