BRIEWE | KORTLIKS: Baai se mense veg al lank vergeefs

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
BRIEWE
BRIEWE

Die raadslede van Nelson Mandelabaai kla dat inwoners te veel water gebruik. Hulle besef nie of wil nie besef dat die Baai se mense basies tien keer meer is as wat dit was toe die damme gebou is nie. En steeds word meer plakkerskampe aangelê. Ons belastingbetalers baklei al lank om ontsoutingsaanlegte te bou, maar dit val op dowe ore. Die munisipaliteit se oplossing nou is om belastingbetalers meer te laat betaal om vir hul onkunde en plundering te vergoed. Dieselfde mense wat nou oorgeneem het om plan te maak vir water is die mense wat nie die vorige kontrakteurs betaal het om die Nooitgedacht-skema te voltooi nie. Red nou ’n stad met sulke onbekwames.L. McLeod, PE

As ’n Christus-volgeling beleef ’n mens ’n diepe pyn en hartseer oor die wanbegrip, mistasting en onkunde van Johan Retief, wat eens voor ’n gemeente gestaan het as leraar. Dis duidelik dat hy nog nooit Christus ontmoet het nie. Dat hy Hom nie ken nie. Dat hy ook nie weet wie die Heilige Gees is nie, en nie deur Hom gelei word nie. Hy het niemand om hom te lei en onderrig nie en het nog nooit die welkome stem van die Here gehoor nie. Net gebed kan hom red. – M. Swanevelder

Julian Jansen se rubriek in verlede week se Rapport het my aan die hart geruk – veral toe hy ’n kersie met Vadersdag aangesteek het vir sy pa, ten spyte daarvan dat hy hulle as kinders versaak het. Dit wil gedoen wees en sê baie van Jansen as persoon. Hiermee steek ek ook graag ’n kersie aan vir Jansen se aangrypende maar ontstellende boek Seuns sonder pa’s, wat ek toevallig vir die tweede keer deurlees. Vir wie moet hierdie seuns op Vadersdag ’n kersie aansteek? – Tinkie Nieuwoudt de Beer

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
Hong Kong 311/7
Bermuda 92/3
besig om te laai... Regstreeks
West Indies 0
India 161/5
besig om te laai... Regstreeks
SuperSport United 0
Chippa United 1
besig om te laai... Regstreeks
West Ham United 0
Manchester City 1
Rand - Dollar
16.78
-1.0%
Rand - Pond
20.25
-0.0%
Rand - Euro
17.08
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,775.15
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
2,130.50
0.0%
Platinum
937.50
0.0%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,114
+1.3%
Alle aandele
69,519
+1.2%
Hulpbronne 10
64,042
+2.5%
Industriële 25
84,928
+0.3%
Finansiële 15
15,675
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos