“Tot hiertoe en nie verder nie. Ons moet vir onsself sorg.”
Dís volgens Theo Venter, politieke ontleder, die reaksie van talle bruin kiesers in vanjaar se plaaslike verkiesings.
Die noodwendige gevolg is ’n uittog van bruin kiesers uit die ANC en die DA na kleiner partye wat hulle aan bruin mense toewy.